Mag die Bokke elke wedstryd wen, behalwe wanneer hulle teen...

SIMBOLE VAN NASIONALE TROTS

Mag die Bokke elke wedstryd wen, behalwe wanneer hulle teen die All Blacks speel

Dit is nie dat hy Suid-Afrika haat nie; dit is nie eens dat hy wil hê enige van die nasionale spanne moet verloor nie. Dit het dalk te doen met sy brein se weerstand teen patriotiese geesdrif. Dít en male bonding, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

DIE Springbokke het verlede naweek voortreflik gespeel toe hulle die All Blacks geklop het. Na aanleiding van daardie wedstryd, en as daardie berugte nederlaag (https://www.theguardian.com/sport/2015/sep/19/south-africa-japan-rugby-world-cup-2015-match-report) teen die hande, voete en harte van die Japannese nie herhaal word nie, sal die Bokke waarskynlik die 2023-Wêreldbeker wen.

Ek gaan dit nou maar net sê: Ek ondersteun die All Blacks. En ek doen dit al sedert 1970, die jaar toe ek 12 geword het. Tussen 1970 en 1975 het ek al die besoekende spanne ondersteun. Die hoogtepunte van my volwasse lewe – verspot, ek weet, maar ek is ernstig – was om by verskillende geleenthede Gareth Edwards, Sean Fitzpatrick, Zinzan Brooke en Christian Cullen te ontmoet, en in ’n ander maar verwante konteks: om in dieselfde vertrek as Paolo Maldini en Roberto Baggio te wees. Daar is dit nou; ek het dit gesê: Is daar ’n mooier man as Maldini? (https://www.sportsjoe.ie/football/how-the-actual-fck-has-paolo-maldini-got-better-looking-with-age-60197)

Maar ernstig, niks hiervan beteken ek haat Suid-Afrika nie. En tog wonder ek soms, te midde van al die geweld, die ketting van krisisse, waarvan min binnekort gaan verdwyn, die sistemiese verval, verkragting, mishandeling van kinders, vroue en brose mense, rasverwante sondebokmakery en die rampsalige weiering van verantwoordelikheid te aanvaar, met geen fragment van skuldgevoel nie. Dit beteken ook nie ek’s lief vir Nieu-Seeland nie. Ek was nog nooit in daardie land nie, ook nie in Australië of Japan nie. So, ek kan my maar net indink...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.