Noem Stormers eerder Dassies of Bobbejane

SPORT

Noem Stormers eerder Dassies of Bobbejane

LOUIS DE VILLIERS, nie net 'n sportkenner nie, maar ook 'n closet-taalpuris, gril vir die gebruik van Stormer en reken 'n inheemse dierenaam vir die Westelike Provinsie se rugbyspan sou veel eerliker en egter wees. Hy gee hom ook nie uit as modekenner nie, maar dit verhinder hom nie om 'n eier te lê oor 'n sekere trui nie.

SONDAGAAND halfpad klaar gewerk en jou rekenaar se motherboard gee eindelik die gees van al die beurtkrag.

Jy leen ene om verder op te werk, voel so tweeuur Maandagoggend eindelik tevrede met die produk en nes jy vir oulaas Save druk, bedôner 'n gremlin alles en die ganse duisend woorde, vyf video's en twee meme is des moers.

Al wat van jou hele storie vir jou terugglimlag, is die Western Stormers se trui van 1998, sommer sewe van die dônerse goed in 'n ry onder mekaar. Dié trui, net-net nie lelik genoeg om op sigself eens snaaks te wees nie, vroeër die punchline van 'n nou vergete grappie:..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.