Aletta se eie Cook Pray Soak

KOS

Aletta se eie Cook Pray Soak

Die skrywer van Eat Pray Love het op 'n wêreldreis geluk gaan soek. ALETTA LINTVELT vind geluk in die bad slurpend aan 'n bakkie sop. Die basiese reëls vir sopmaak het sy by Britse adellikes geleer – dit maak die broccoliresep wat sy dié week gee iets wat mens self lus maak vir bad en eet.

LIEWE leser [verbeel jou die Bridgerton-verteller se stem], ek skryf terwyl reën om my neersak en my huis in ’n herfsmiswolk verskuil lê aan die voet van die ou Kaapse berge, reg onder die voorvaders se grotte waar die sangomas soms sing. Ek het ’n vreeslike bekentenis om te maak: Ek is mal daaroor om in ’n warm bad te eet en musiek te luister. Kan jy jou iets saligers indink? Uit ’n steekproef op die internet lyk dit vir my mense is redelik verdeeld tussen gewalg en verslaaf aan die idee.

Hierdie weer maak my lus vir dik sop en ’n lang bad.

Ek het leer sop maak in die suide van Engeland in een van daardie groot ou herehuise wat jy in 'n TV-reeks soos Bridgerton sal sien. Dit was my eerste werk wat kosmakerig van aard was. Daar is ’n klokkie gelui vir etes en ’n luik tussen die bedieningsgangetjie en die eetsaal het geluidloos oopgegly. Etes is klokslag om 12:10 en 18:35 geneem deur Die Adellikes in ’n reusagtige onthaalvertrek met hoë vensters en pistasiegroen geborduurde muurpapier...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.