Keer mislukkings om met innovasie, bemagtiging in gemeenskappe

WERK EN BID

Keer mislukkings om met innovasie, bemagtiging in gemeenskappe

Prof. Erwin Schwella is gefokus op innovering. ANNELIESE BURGESS gesels met hom oor die Skool vir Sosiale Innovasie wat hy by die Hugenote Kollege in Wellington op die been gebring het om gemeenskappe toe te rus om volhoubare, inkomste-genererende maatskaplike ondernemings op te bou. Hulle praat ook oor die kursus in koalisiepolitiek wat hy onlangs vir 'n klomp opposisie-politici aangebied het, en oor hoe drome tot dade lei.

DAAR is iets wonderliks aan die borrel in Wellington – daar in die lieflike ou geboue van die Hugenote Kollege waar prof. Erwin Schwella nou al 'n paar jaar lank woeker met die Skool vir Sosiale Innovasie wat hy gevra is om daar op te been te bring.

Toe die staat in 2012 die Hugenote Kollege se akkreditasie (deur Unisa) as 'n tersiêre instelling gekanselleer het, “moes daar verbete plan gemaak word", vertel Schwella.

Die instelling het vir 'n paar jaar deur diep waters gegaan, maar is uiteindelik aan die ander kant uit as 'n privaat, geloofsgebaseerde hoëronderwysinstelling wat geakkrediteerde grade in onder meer teologie, spelterapie en maatskaplike werk aanbied. Grondliggend aan al hierdie grade is die idee om “innoverende maatskaplike leiers" te kweek wat dan hulle lewe en talent sal gebruik “om van die wêreld 'n beter plek te maak"...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.