Sal die regte Jani Allan asseblief opstaan?

HULDE AAN 'N WEGGOOIHOND

Sal die regte Jani Allan asseblief opstaan?

Die uitgeweke Suid-Afrikaanse joernalis Jani Allan het in Julie as ’n vernielde en eensame mens in die VSA gesterf, skryf HERMAN LATEGAN. Hy het op Woensdag 23 Augustus na sy vriendin se virtuele begrafnis gekyk en bewoë geraak oor hoe ’n man ’n bespotting van haar lewe gemaak het.

Jani die avatar wat die publiek leer ken het

Ek het altyd van Jani Allan geweet omdat ek reeds in my groen jare haar Gonzo-styl-onderhoude in die Sunday Times verorber het. Sy het die mense met wie sy gepraat het baie goed leer ken, soms dae met hulle deurgebring om die fyner nuanses van 'n persoon bymekaar te vleg.

Dit was voor Zoom en deesdae se onderhoude per telefoon en wat dan as in-diepte-profielartikels verkwansel word. Met Jani kon jy die persoon oor wie sy skryf, hoor praat, maniërismes sien; die reuke, al die sintuie is ingespan om 'n lewendige narratief op te bou. Oeg, en daardie heerlike sardoniese skerp pen wat soos 'n mes tot op die been kon sny...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.