As jy mooi luister, bestyg jy dalk die trappe na die hemel

HOOR HOOR!

As jy mooi luister, bestyg jy dalk die trappe na die hemel

Fender Stratocaster of Gibson Les Paul? Stradivarius of Guarneri ‘del Gesù’? WILLEM KEMPEN waag ’n toon in die woelige waters van die instrumente waarmee die wêreld se bestes musiek maak.

WAT hoor jy as jy na Jimmy Page se kitaar op “Whole Lotta Love" luister? Of na die violis Jascha Heifetz wat Paganini se Caprice Nommer 24 uitvoer?

Dalk nog belangriker: Wat sien jy as jy na die twee kunstenaars kyk, en wat weet jy reeds oor hulle? Help bepaal die visuele prentjie, of enige voorkennis wat jy dalk het, wat jou ervaring van die musiek gaan wees?

Sommige mense sal met die aanhoor van die eerste klanke – of ná een kyk – reeds besluit om nie verder te luister na die een of die ander nie: Jy luister nie na klassieke musiek nie, of jy luister nie na rockmusiek nie. Of jazz of blues of rap of hiphop of death metal...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.