‘Afrikaanse musiek kan by die Springbokke leer’

DIE HELE AFRIKA IS GENOOI

‘Afrikaanse musiek kan by die Springbokke leer’

Nadat hulle onlangse dokumentêr wat ‘Kommersiële Wit Afrikaanse Kultuur’ krities ondersoek 'n prys by Cannes verower het, vertel die regisseurs, Riku Lätti en Gideon Breytenbach, aan ANELIA HEESE dis hoog tyd om 'n konsert te hou en die hele Afrika te nooi.

“OMSTREDE prent oor Afrikaanse musiek wen Cannes-prys”. Só lui die opskrif van Netwerk24 se berig, gedateer 16 Mei 2023. “Hoekom is dit omstrede?” vra ’n vriend toe ek die artikel vir hom aanstuur. “Seker omdat die film daarop wys dat Afrikaanse musiek nie so bleekwit is as wat sommige sou wou dink nie. Ou nuus kan mense ontstel. Ek ken mense wat nou nog praat van die “Ou Vyand” as die Bokke teen Engeland speel.”

Kwak – die akroniem wat Riku Lätti vir Kommersiële Wit Afrikaanse Kultuur neergepen het, word in die dokumentêre rolprent Die Ongetemde Stem (The Voice Behind the Wall) krities ondersoek.

Volgens die regisseurs van die dokkie behoort kommersiële Afrikaanse musiek aan die regses: dié wat nog Die Stem sonder apologie opvoer, dié wat nóg hul lirieke, nóg hul klank sedert Hoogapartheid getransformeer het. Vir hierdie groep is dit nie lekker om te hoor dat sokkiemusiek deur die apartheidsregering se sedebewakers by die SAUK ingevoer is nie. Dat boeremusiek eintlik onder bruinmense mondig geword het, krap hulle verder om...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.