Mening | Die moord op Marolien: Die vingers wys na die regering

MISDAAD

Mening | Die moord op Marolien: Die vingers wys na die regering

Ná die grusame moord op ’n geliefde Oos-Kaapse fisioterapeut kritiseer DANIEL NGWEPE die departement van korrektiewe dienste se paroolstelsel wat ‘boewe, onrehabiliteerbare moordenaars sonder berou, in ons samelewing vrylaat’.

  • 25 Augustus 2023
  • Vrye Denker
  • 3 min om te lees
  • artikel 13 van 30
  • Daniel Ngwepe

EK lê op my bed op ’n Maandagaand, stoksielalleen in die donker, oë wawyd oop. My hart is stukkend. Iemand wie se vriendskap vir my goud werd is en vir my die wêreld beteken, het my vanoggend met trane in haar oë vertel van die moord op haar vriendin. Ek is hartseer en sukkel om aan die slaap te raak.

My kop is op hierdie Maandagaand op een naam en net een naam gefokus: Marolien Schmidt. Ek het Marolien nooit ontmoet nie; ek ken haar nie, maar ek is wel vriende met iemand wat goeie vriende met haar was. Marolien, ’n gewilde fisioterapeut wie se ouers gesondheidsorgwerkers was, is op Vrouedag in haar huis in Richmond Hill in die Oos-Kaap wreed aangeval en met ’n mes doodgesteek. Die verdagte is na verneem word ’n veroordeelde misdadiger met moord en roof op sy kerfstok.

Ek het toevallig vanoggend ’n storie in die koerant gelees oor Marike de Klerk se moordenaar wat einde Augustus op parool vrygelaat word. Ek het Marike jare gelede in Washington DC vlugtig ontmoet en haar nie goed genoeg geken om te weet of sy ’n goeie mens was of nie. Dit is in elk geval irrelevant, want niemand verdien dit om grusaam vermoor te word nie, en niemand het die reg om iemand anders se lewe te neem nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.