Thabo Bester-ontsnapping: Korrupte katnes by Mangaung-tronk...

DISFUNKSIONELE TRONKSTELSEL

Thabo Bester-ontsnapping: Korrupte katnes by Mangaung-tronk wéér oopgekrap

Thabo Bester se Hollywoodstyl-ontsnapping en onlangse arrestasie in Tanzanië het mense wêreldwyd aan die gons, ook omdat dit die Suid-Afrikaanse tronkstelsel onder ’n vergrootglas plaas. Maar die Mangaung- privaat gevangenis waaruit Bester ontsnap het, het reeds in 2013 internasionaal opslae gemaak, skryf ILSE SALZWEDEL.

AS jy nie geweet het wie hy is toe GroundUp News die eerste keer op 15 Maart vanjaar berig het dat Thabo Bester, die sogenaamde Facebook-verkragter en moordenaar, moontlik nie in ’n brand in die Mangaung- korrektiewe sentrum gesterf het nie, maar ontsnap het, word jy verskoon. Maar teen die tyd wat Bester en sy minnares, dr. Nandipha Magudumana, op 8 April in Tanzanië gearresteer is, het dit behoorlik gegons oor Bester se ontsnapping.

“Sensasioneel, skouspelagtig, waansinnig,” is hoe Ruth Hopkins, ’n Britse ondersoekende joernalis, na die ontsnapping verwys. Maar dis allermins ’n verrassing vir haar, want sy het reeds in 2013 opspraakwekkende ongerymdhede by die land se eerste privaat tronk blootgelê én later ’n boek daaroor geskryf.

Die Mangaung-tronk is in 2001 met groot fanfare as Suid-Afrika se eerste privaat gevangenis geopen, en G4S – ’n maatskappy wat tronke in verskeie ander lande bestuur – het ’n 25-jaarkontrak met DKD onderteken vir die bestuur daarvan. Hulle het immers onderneem om die beste geriewe teen die laagste koste te verskaf...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.