Zuma: tronk of triomf?

ZUMA-DRAMAS

Zuma: tronk of triomf?

Behoort Jacob Zuma terug te gaan tronk toe, of moet die president hom kwytskeld? Dit is nie ’n eenvoudige vraag nie, skryf MAX DU PREEZ.

AG tog, die ou man is al 81, en ons is nou siek en sat vir Zuma-dramas. As dit nog geweld en onstabiliteit gaan spaar, laat die oubaas tog maar in vrede in Nkandla gaan aftree. Hy is nie juis meer ’n politieke faktor en is mos darem nie ’n gevaar vir ander nie?

Ja, dit is die maklike uitweg en seker nie ’n onredelike posisie om in te neem nie. Suid-Afrika behoort nie ’n wrokkige en venynige staat te wees nie.

Dit is ’n soortgelyke vraag wat oor vrede in Oekraïne gevra kan word: Is dit nie maar beter om (tien)duisende lewens te spaar en verdere menselyding en vernietiging te voorkom en vir Rusland stukke van die land wat hulle in stryd met internasionale reg geannekseer het, te gee nie? Dit is tog die enigste pad na ’n spoedige vrede? En wat is belangriker as menselewens?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.