Dobrou Noc, Milan Kundera

HULDEBLYK AAN 'N LITERÊRE REUS

Dobrou Noc, Milan Kundera

MARELI STOLP onthou Kundera deur haar vingers op die klawers en lees sy boeke met Janáček as begeleier.

DIE tydsberekening is verbysterend. Ek sit agter my klavier, waar ek die laaste twee uur bestee het met die komponis Leoš Janáček se werk On an overgrown path. Dis vir my van die wonderlikste komposisies wat bestaan vir soloklavier; sedert my eerste blootstelling daaraan in my vroeë 20’s keer ek gereeld na daardie note terug. Ek voel só oor alles wat Janáček vir klavier geskryf het: al twee boeke van Overgrown Path, die Sonata I.X.1905, In the Mists … en terwyl my hande nog in die klawers is, kry ek ’n boodskap: Milan Kundera is dood.

Enigiemand wat die filmweergawe van The Unbearable Lightness of Being gesien het, sal verstaan hoekom ek ’n soort poësie daarin vind om Janáček se note onder my vingers te hê wanneer die nuus van Kundera se afsterwe my bereik. Die filmmakers het slim gekies om juis hierdie musiek te gebruik – Kundera was bekend as ’n groot liefhebber van dié Tsjeggiese komponis. ’n Joernalis wat in 1984 ’n onderhoud (https://www.theparisreview.org/interviews/2977/the-art-of-fiction-no-81-milan-kundera?fbclid=IwAR31a9OZh0Fc9do_dbfulwaF6eYJnp81dUA-jYQ1EJQQiMMzhIHxV5O9Fg8) met Kundera gevoer het, beskryf sy woonstel in Parys: rakke vol boeke oor filosofie en musikologie, ’n outydse tikmasjien, en twee foto's teen die muur, een van Kundera se pa (die bekende musikoloog Ludvík Kundera) … en Leoš Janáček.

Ek wil skryf oor Milan Kundera met Janáček se klaviermusiek as agtergrond. Want ek is nie ’n letterkundige nie, net ’n leser. En ’n pianis. Ook ’n liefhebber, van die skrywer én komponis...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.