Kook met ’n smulpaap se kombuisbiblioteek

KERNEELS LEES WYD

Kook met ’n smulpaap se kombuisbiblioteek

KERNEELS BREYTENBACH deel sy gunstelingresepteboeke, oud en nuut, met ons.

ELKE mens ontwikkel sy eie Zen-benadering. Myne is: Wanneer jy kook, moet jy kook. Aanvaar dit maar net. Laat jou verbeelding jou lei. En wanneer jy kook, dan moet jy kóók. Sien? Aldus verloop my mymering terwyl ek ’n uitdaging gemaskeer as versoek van ’n vriendin oordink: “Sê vir my watse kookboeke ek móét hê.”

Laat ek om mee te begin sê dat jy ’n paar dinge moet weet. Ten eerste dat celeb-kookboeke jou kletsmateriaal gee vir enige gesprek, maar hulle is nie altyd die antwoord op wêreldvrede nie. Tweedens kry mens kookboeke en dan kry jy Amerikaanse kookboeke. Dis nou eenmaal só omdat Amerikaners meestal eet soos mense op die begrafnis van iemand wat hulle geld skuld.

En derdens is daar ’n klompie kookboeke wat die kern van enige versameling behoort te vorm: Elizabeth David se A Book of Mediterranean Food en French Country Cooking; Fergus Henderson se The Complete Nose to Tail; Yotam Ottolenghi se Plenty; Marcella Hazan se The Essentials of Classic Italian Cooking; die Larousse Gastronomique; Claudia Roden se The New Book of Middle Eastern Food; Julia Child se Mastering the Art of French Cooking; Irma Rombauer se Joy of Cooking; en Madhur Jaffrey se Ultimate Curry Bible. Daar is baie kookghoeroes en een van hulle sal jou smaak en styl pas – dis hoekom ek al Yotam Ottolenghi se boeke voosgevat het sedert ek met ’n vegetariër deurmekaar geraak het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.