Liefde, rou, Lagerfeld, ou Hollywood en die Eagles

KERNEELS LEES WYFD

Liefde, rou, Lagerfeld, ou Hollywood en die Eagles

KERNEELS BREYTENBACH, ’n man wat liefdesverhale lees, span sy net wyd: Daar is iets vir almal.

DIS weer tyd vir ’n goeie liefdesverhaal. Mens kan mos nie net altyd op soek wees na reeksmoordenaars en gekorrumpeerde spioene nie. Dis vir my ’n ontvlugting, maar ook ’n manier om te leer hoe mense op ander maniere sleg kan wees as met messe of vuurwapens in die hand. Mens maak jou gereed vir die verrukking wat ander se feromoon-kaskenades soms bring. ’n Soort sindelike erotiek, met nou en dan die moontlikheid van skunnige afdwalings. Dit sal egter ’n kolossale fout wees om die Duitse skrywer Jenny Erpenbeck se Kairos met so ’n ingesteldheid te benader.

Huppelgang

Kairos is in wese ’n liefdesverhaal. Briljant geskryf, maar dit is een wat nooit in die keurslyf van Mills & Boon gegiet sal kan word nie. ’n Verhouding tussen ’n 50-jarige man en ’n vrou van 19 val buite die fatsoenlike grense van die massamark se sedes. Maar dit is juis die dinamo wat hierdie roman aandryf...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.