Slim swape en speurdernonne

KERNEELS LEES WYD

Slim swape en speurdernonne

KERNEELS BREYTENBACH deel weer inligting oor boeke wat jou sal laat skater, wonder en wakkerbly.

Slim swape

Toe Paul Johnson in 1988 die boek Intellectuals uitgegee het, is hy uit verskeie windrigtings aangetree om daarvoor gekruisig te word. Hoe durf ’n mens ná die dood van kultuurhelde hul privaat lewe omdolwe vir skandale en perversies? Tye het verander; ons ken nou al die verskil tussen celebs en ploerte, en daarom sal Katie Spalding se The Limits of Genius nie kulturele woedebuie ontlok nie. Maar dit gaan wyd gelees word – almal is nou goed dol oor stories oor die onnoselhede wat groot geeste soos Albert Einstein, Karl Marx, Thomas Edison en vele ander aangevang het.

Neem Karl Marx as eenvoudige voorbeeld. As student in Londen het hy en twee pêlle een aand op ’n pub crawl na 18 kroeë gegaan en by elk ’n pint bier gedrink. Dis ongeveer altesame nege liter bier. ’n Mens moet vir hom respek kry – hy was agterna nog vas genoeg op sy voete om vir die polisie weg te hardloop toe die drie dronkies straatlampe met keistene uitgegooi het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.