Madame Bovary en die Housewives van die Wynlande

HAMBIDGE PRYS EN PIETS

Madame Bovary en die Housewives van die Wynlande

JOAN HAMBIDGE wonder wat die huisvroue van realiteitstelevisie lees en of hulle opera toe gaan.

I

EEN van die grootste skrywers van die 20ste eeu is ongetwyfeld Vladimir Nabokof. Nie alleen word Lolita as ’n belangrike roman beskou nie, maar hierdie kenner van die Russiese en Franse letterkunde se beroemde Lectures on Literature (Weidenfeld and Nicolson, 1980) bevat onder meer analises van Charles Dickens se Bleak House, Gustave Flaubert se Madame Bovary, Marcel Proust se Swann’s Way en Robert Louis Stevenson se Strange Case of Dr. Jekyll and Mr. Hyde.

Insigryk. Met Nabokof wat by elke teks stilstaan en uitgebreide kommentaar in en langs die teks skryf asof dit ’n kaart is. Hy kapittel sommer ’n vertaler se slordige of onnoukeurige werk (soos by Madame Bovary) en jy sien hier die meesterskrywer en -dosent aan die woord. Die repetisie van en en die kommapunt wat iets oordra en die gebruik van die Franse imperfait om die vloei van tyd oor te dra, is deur sekere vertalers nie nagekom nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.