Kom ons gaan kyk blomme

KORTVERHAAL

Kom ons gaan kyk blomme

CARIÉ MAAS skryf oor vriende wat lank gelede van Nieuwoudtville verby Kamieskroon en Garies agter plate Namakwalandse blomme aangery het. En om haar bejaarde ouma te sien.

“KOM ons gaan kyk blomme,” het Patricia gesê. Saam met haar man, Johan, en die man op wie ek ’n ogie het, en hy dalk op my, A. Almal universiteitsvriende wat pas begin werk het, behalwe Johan, wat so ’n hanetree voor ons is.

Dit sou uit die staanspoor vir my ’n nuwe ervaring wees. Blommekyk en Namakwaland was nog altyd vir ons ’n terloopsheid. Ouma Kittie woon aan die Weskus, en dis om haar te sien dat ons ons telkens al die pad uit die Hoëveld daarlangs begewe. Sy is enig. Haar segswyse, haar humor, haar stories. Haar onblusbare belangstelling in alles en almal. Die hele ouetehuis wou aan haar kant wees met die vasvrawedstryd. En elke kleinkind, hoe talryk ons ook al is, glo vir mý is sy sekerlik die liefste.

Dié keer gaan die oranje en geel en pers oral met ons praat, die gousblomme, suring en vygies. Of die onderstebo klokkie van die pietsnotte, nes op Pa-hulle se plaas by Graafwater. Dié keer gaan ons van Nieuwoudtville tot by Kamieskroon en Garies draai en agter plate blomme aanry, nie net dié langs die pad op pad Sandveld toe bewonder nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.