Verlies, vervreemding en literêre moord

EACH MORTAL THING

Verlies, vervreemding en literêre moord

GERDA TALJAARD het Michiel Heyns se jongste boek gelees oor ’n ongenadige wêreld waar Liewe Jesus se sagmoedigheid nie by Donald Trump en Kim Jong-un se tirannie kan kers vashou nie. Waar die internet mense in monsters verander het, en honde meer menslikheid openbaar as mense.

EACH MORTAL THING is die bekroonde skrywer Michiel Heyns se tiende roman. Soos sy vorige werke handel hierdie boek ook oor die kompleksiteit van menswees, omdat die mens gelyktydig boos én broos is. Oor die mens se behoefte aan intimiteit en medemenslikheid. Die begeerte om na ander uit te reik het dikwels lewensveranderende gevolge.

Londen beleef ’n hittegolf. Terence Winshaw, ’n letterkundige en uitgeweke Suid-Afrikaner, bevind hom op ’n trein wat weens tegniese probleme teen ’n slakkepas beweeg. Hy is op pad na Heathrow om Natasha de Villiers, ’n jong Suid-Afrikaanse skrywer wat vir ’n literêre prys benoem is, te verwelkom. Onderweg word Terence deur ’n “stubby” kerktoring op die horison tot bepeinsing genoop. Die verlate vervallenheid daarvan herinner hom aan die digter Gerard Manley Hopkins se mymerende sonnet “As Kingfishers Catch Fire”, onder meer oor die menslike kondisie van ontheemding en verganklikheid.

Hierdie gedig dien as epigraaf tot Heyns se roman en bepaal ook die boek se filosofiese trant. Die roman se titel is ook uit dié gedig geneem. Dit berei die leser voor op die hoofkarakter se voortdurende soeke na welwillendheid in ’n ongenadige wêreld waar Liewe Jesus se sagmoedigheid nie by Donald Trump en Kim Jong-un se tirannie kan kers vashou nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.