Klein Boekbedonnerd: Leeslys van ’n invalide

WĒRELDE TUSSEN DIE BLAAIE

Klein Boekbedonnerd: Leeslys van ’n invalide

Op die naat van haar rug het DEBORAH STEINMAIR soos 'n besetene gelees.

WANNEER ’n mens ná ’n knie-operasie meestal op jou rug lê, kan jy steeds werk; jy kan op jou stuitjie, met baie kussings agter jou, korreloog tik. Dis ’n bietjie ongemaklik en jy moet mooi mik met die rekenaarmuis op die lakens, maar dit kan gedoen word. Wat jy egter met groot gemak op die naat van jou rug kan doen, is lees. Daarom, en omdat ek gelukkig genoeg is om iemand te hê wat kos en sorg aandra, het ek die afgelope week etlike boeke verslind. Een het ek per ongeluk weggegee en kan die titel nie onthou nie. Maar ses is oorgenoeg vir een storie: Ek het besluit om, soos in die dae van Boekbedonnerd, ’n kort bespreking van ’n halfdosyn boeke aan te bied. Of soos my gewaardeerde kollega Kerneels in sy rubriek.

Bloedige spoor

Natuurlik was spanningsverhale deel van my medisyne: Hierdie boek het my vasgenael gehou aan die deken. Slaughter se manier is om heelwat besonderhede te verskaf: polisieprosedure, forensiese bewyse, diagramme op ’n witbord. Maar sy gee ook baie aandag aan karakter, my voorvereiste. En hulle is beskadig en ver van perfek, sodat die leser maklik identifiseer. Sara Linton is ’n suksesvolle geneesheer en verloof aan die man van haar drome, Will, ’n sagmoedige reus van ’n speurder. Maar sy is op universiteit verkrag en probeer om die voorval dood te lewe. Die lewe het egter ander idees – een aand in die trauma-afdeling spook sy om die lewe van ’n jong vrou, Dani Cooper, te red. Voordat sy sterf, vertel Dani vir Sara dat sy gewelddadig aangerand en verkrag is, en deur wie. Hy is die seun van twee uiters welgestelde dokters wat saam met Sara gestudeer het. Natuurlik kom heelwat ooreenkomste tussen Sara se aanranding en Danni s’n aan die lig, en ook skakels. Nou wil Sara, Will en sy kollega Faith die raaisel ontrafel – daar is sprake van heelwat meer verkragtings deur die jare, en van ’n Rape Club. Dis een van daardie boeke wat jou met haat vervul vir ryk, bevoorregte mans wat met moord wegkom...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.