Nina Simone se kougom en ander mirakels

KERNEELS LEES WYD

Nina Simone se kougom en ander mirakels

KERNEELS BREYTENBACH stel ons voor aan die jongste wonders op die boekrak.

Toweragtig

Ek weet nie waar om te begin hiermee nie. Vervoering oor ’n boek soos Nina Simone’s Gum maak te veel van jou lank verdoeselde hebbelikhede sigbaar. Die oomblik dat jy verklap hoeveel keer jy “snap-snap” gesê het, of hoe jy sit en grens het daar waar Warren Ellis vertel hoe hy by die graf van Beethoven op sy knieë gesak en self begin huil het – daardie dinge wil jy eintlik vir jouself hou. So, laat ek dan die storie van Nina Simone se kougom vir julle wat die boek gaan lees verswyg, en net sê dat dit magies is.

Warren Ellis, ’n geniale Australiese musikus en lid van Nick Cave se Bad Seeds, onder meer, het met hierdie boek ’n soort memoir geskep wat vir jou meer as sy eie lewe en musiek ontsluit. Jy sal agterna begin met ’n poging om Nina Simone te snap. Nie te leer ken nie. Net te snap...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.