Sy voel nie soos ’n mens nie

OP DIE SPEKTRUM

Sy voel nie soos ’n mens nie

DEBORAH STEINMAIR lees graag boeke met koddige, raar, andersoortige vertellers wat wêreldvreemd is.

SOMMIGE boeke smelt eenvoudig in jou kies soos ’n Lindt-balletjie. Ek hou van boeke waar die verteller skaars ’n valk van ’n handsaag kan onderskei wanneer die wind suid waai. Cassandra is so ’n karakter. Sy voel van kleins af soos ’n buiteruimtelike reisiger wat die raaiselagtige gedrag van mense moet leer peil. “That I’m some kind of alien, trying to learn how to be a human from scratch every day.”

Sy is bewus daarvan dat mense sterk op haar reageer, meestal negatief. Sy word dikwels gevra om nooit terug te kom na plekke nie, soos: ’n leesgroep, die woonstel wat sy met twee mense deel, haar werk en haar verhouding. Sy sien mense se emosies as kleure wat sy op die plek moet interpreteer, met groot moeite. Haar gunstelingleesstof – in haar slaapkamer, in haar handsak, langs die toilet – is kaarte met kleurmonsters van verfwinkels.

Sy is ’n perfeksionis met ’n fotografiese geheue en ensiklopediese kennis. Sy weet (regtig) altyd beter en korrigeer mense luid. Sy besef dat dit ’n mens nie gewild maak as jy al die antwoorde ken en hulle hard uitskree nie, maar sy kan haarself nie help nie. Mense kla dat haar gesigsuitdrukking nooit verander nie (sy besluit dat sy dan seker goed sal verouder) of haar stemtoon, en dat sy robotagtig beweeg. Dit voel vir haar asof sy permanent ’n masker dra. Sy snap nie sarkasme nie. Aanraking is vir haar besonder pynlik, so ook oogkontak. Haar kos mag nie aan mekaar raak nie. Sy het ’n kiemfobie. Sy eet nie vleis of “slimey chicken periods” nie. Haar stapelkos is piesangs...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.