DIT het lank gevat vir Engel en Lem om van mekaar bewus te raak. Hulle was jare lank kollegas – of dalk eerder kompeteerders – aangesien hulle by twee koerante gewerk het wat aartsvyande was. In die Hemelhuis-restaurant in Kaapstad het die afstand egter gekrimp. Lem het besef Engel is die eerlikste mens in die wêreld, en sy kort hom soos sy haar lewer kort. Hy het besef hy kort haar soos hy sy daaglikse Essentiale-pille kort wat sy lewer aan die gang hou. The rest is history, as they say.
Lem onthou presies wat haar oortuig het Engel is spesiaal. Hy het gepraat oor sy sekslewe, wat soos dié van ’n bunny rabbit was, en toe het hy sy koffie gedrink met ’n salige uitdrukking. Lem het verwonderd opgemerk: “Jy is gelukkig. Ek is nie gelukkig nie. Jy geniet selfs klein goed.” “Behalwe wanneer dit by penisse kom,” het Engel bygevoeg, net vir ingeval hy soos ’n pushover klink.
Die ete het ure geduur en nie ’n fortuin gekos nie. “Ons repeteer vir die dag as ons in die hemel kom,” was al twee se opinie. En sedert daardie dag gaan koffie hulle in die Hemelhuis wanneer hulle kan. ’n Paar goed het verander sedert hulle ontmoeting. Een ding is, albei is geretire. Albei het ook getrek, Lem net veel meer as Engel. So, dis moeiliker om by die Hemelhuis uit te kom...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
KORTVERHAAL
Jonas en die sex sandwich
In LINZA DE JAGER se storie melk Lem haar vriend Engel vir inligting oor die dag van die geflopte toebroodjie.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Karma is ’n tief
Tokkelossiesout teen die desperaatheid
’n Hele leërskare van tannies
Vat jou bad en loop
Agter die gordyn saam met die koning van zol
Deel
Deel
Volgende artikelLinza de Jager
RubriekskrywerLinza de Jager is verlief op boeke en herinneringe. Soms kry sy dit reg om op die toekoms, en selfs die hede, te fokus.