Die vernielde speurders wat ons liefhet

HARRY HOLE EN KASSIE KASSELMAN

Die vernielde speurders wat ons liefhet

DEBORAH STEINMAIR vind verbeelde speelmaats tussen die bladsye van boeke, want die werklikheid is fel.

EK het die afgelope week ’n nuwe Jo Nesbo en ’n nuwe Rudie van Rensburg gelees. Vir lesers is elke dag Kersfees.

Toe lê ek in die nag en nadink oor die fiktiewe speurders wat deel van ons vriendekring word, huishoudelike name, geliefde bekendes wat net een maal per jaar of elke tweede jaar van hulle laat hoor. Maar hulle bewoon die landskap van ons kop. Hulle is êrens gebore en het ons wêreld meer leefbaar gemaak. Veral met Bheki se bende wat hand om die blaas is met misdadigers of op die job sit en slaap, laat dit ons veiliger voel om te dink daar moet mense soos Harry Hole, Nicci de Wee, Bennie Griessel en Kassie Kasselman wees wat soos varkhonde vasbyt om nooit weer te laat los nie tot die boosdoeners vasgetrek is.

Hierdie polisiemense is altyd heeltemal oorwerk en worstel om ’n gesinslewe aan die gang te hou. Dikwels, soos Harry Hole, stoei hulle met die drankduiwel. Dis geneties, maar dis ook ’n simptoom van ’n oormaat empatie, verkeerde keuses en ’n goeie skeut bad luck. Bennie Griessel is meestal op die waterkar, hoewel hy soms skouspelagtig aftuimel. Harry meet sy dae in shotglasies en probeer funksioneer. Sy oë is bloedbelope, die irisse verbleik van oordaad, hy het letsels soos ’n mannetjieskat en ’n lieflike mond. Vroue hou van hom, selfs wanneer sy pak klere verkreukel is en hy êrens op homself opgegooi het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.