Hou bene, hou!

MA’ DJULLE’S DIE POETS

Hou bene, hou!

MART-MARI VAN DER MERWE skryf oor haar ervaring van die Comrades-marathon, van die sypaadjie af. Hierdie is ons lesers se platform. Stuur jou kreatiewe bydrae aan Vrye Weekblad vir ’n kans om ’n boek te wen.

  • 07 Julie 2023
  • Boeke
  • 8 min om te lees
  • artikel 17 van 29
  • Mart-Mari van der Merwe

DIS donkervroeg, en ons skarrel: energiedrankies, jellielekkers, biltong. Sal hulle broodjies met Marmite wil hê, of dalk eerder sommer net so? Die “hulle” staan tans en bibber op ’n teerpad in Pietermaritzburg, met slegs ’n uitgerafelde weggooihanddoek vir beskerming. Die warm asems van die duisende Comrades-hoopvolles tem hopelik die geniepsige winterluggie. Ons het ook padkos nodig en maak lieflike toebies met Woolies se saadrolletjies, rissiesous en cheddarkaas, dun skyfies tamaties en ham. Dan natuurlik die flesse vol koffie en ons kampstoele. En sonskerm! Sodra die skoot op die skootrekenaar se skerm klap, is ons ingebondel en op pad.

Die gehardloop kom al jare. Ma was ’n steratleet op skool, en met hulle troue het Pa maar ingestem vir kilometers op die grondpad ná ’n dag tussen koring en beesmis. (Dié wat weet, wéét. Sweet is ’n vredebewaarder soos min.) Op 25 hardloop die twee toe hulle eerste Comrades. So het hulle deur die jare nog ’n klomp keer oor die eindstreep gedraf. My pa reken (dis nou as ander mense hom vra) dat hy inherent lui is, en dus darem een keer ’n jaar iets moet doen om die maag plat te hou. Dit is nogal ’n tere saak in die huis en die saak staan só: Pa kan die Comrades doen met die minimum voorbereiding, en die res oefen soos besetenes om net ’n marathon klaar te maak. (Ek vermoed wel dit het minder met talent te doen as met hardkoppigheid.) Aanvanklik het hy gesê hy begin op 2 Januarie oefen. Hierdie datum het later aangeskuif tot middel-Februarie. Die “oefen” het ook stelselmatig anders begin lyk. Kaalvoetkilometers agter die beeste aan tel mos, of hoe?

Ma het die vreugdes van skeure en klowe en voetpaaie ontdek en het haar padtekkies in die kas gepak. Pa sit toe met ’n penarie: Gaan hy dan nou maar oorgee aan die Rugby-Saterdae se skyfies en koeldrank en vir lief neem met ’n groeiende middelmaat? Of gaan hy sy visier op die kinders instel? Dis genoeg om te sê dat die gevreesde vraag by familiekuiers nou nie meer “Wanneer trou julle dan?” was nie .....

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.