Tant Drieka was arm, maar skoon

MA' DJULLE'S DIE POETS

Tant Drieka was arm, maar skoon

ESTELLE BRITS skryf 'n kortverhaal oor die goeie ou dae, of was hulle sleg? Stuur jou kreatiewe bydrae aan Vrye Weekblad. Ons spog graag met jou skryfwerk en jy kan 'n boek wen.

  • 23 Junie 2023
  • Boeke
  • 6 min om te lees
  • artikel 17 van 29
  • Estelle Brits

TANT DRIEKA-HULLE het twee blokke af in die straat gebly. Ons moderne platdakhuis was op die hoek oorkant die judo-saaltjie en hulle huis op die hoek twee blokke verder van die skool af. Ons voorstad was nog so tussen die boom en die bas van plaas en voorstad. Grondpaaie en veld tussen die huise. Portugese tuine net ’n kettie se skiet ver en steengroefgate met die lekkerste modder vir kleilatgevegte. Party huise het nog ’n kleinhuisie en ’n sementdam in die erf gehad. Agter tussen ons erwe was daar ’n oop laning wat vroeër deur die nagkar gebruik is om die slopemmers op te laai.

Tant Drieka se seun Guillaume was in my klas in standerd vier en Mignon, sy suster, was twee standerds ouer. Ons het geweet hulle is arm om twee redes: Hulle huisie was nog van sink gebou en die kleinhuisie was buite. Tant Drieka het stasie toe geloop en met die trein stad toe gery. Ons ma’s het met die kar gery tot by Parkhurst en dan met die bus stad toe gery. Tant Drieka het nie arm gelyk nie. Sy het mooi aangetrek en elke week haar hare laat doen wanneer sy stad toe gegaan het.

“Ten minste lewe hulle skoon,” het Ma altyd gesê, “al is hulle arm.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.