Die laaste Jood van Bothaville

RUBRIEK

Die laaste Jood van Bothaville

Jare ná die afsterwe van Bothaville se nederige Joodse skoenmaker wat die inwoners snags met sy strykstok gelei het na waters waar rus is, is besef sy viool was 'n soort adel met 'n waarde bo pêrels, skryf DOMINIQUE BOTHA.

ABE STEINBERG die skoenmaker het homself tydens die Depressiejare in Bothaville kom vestig.

Hy het in ’n enkelkamer agter sy winkeltjie gewoon, sonder vrou of kind, ver buite die vangriem van ’n huweliksmakelaar uit die shtetl, en in die mausoleum van sy middae die goeie burgers van die dorp se voete geskoei.

In die voorhuis was sy gereedskap en boeke. In sy agterkamer het sy viool op ’n rak bo die enkelbed gelê, doodstil afwagtend soos ’n verliefde maagd...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.