Susters staan saam teen met-die-Bybel-gebliksemde narsiste

CHIKA UNIGWE

Susters staan saam teen met-die-Bybel-gebliksemde narsiste

GERDA TALJAARD ontdek 'n Nigeriese skrywer en is oorrompel deur skoonheid te midde van ’n rou realiteit.

EEN van die grootste plesiere van lees is om vir die eerste keer ’n skrywer te ontdek, en dan heeltemal oorrompel te word deur haar skryfwerk. Ek het al baie van die Nigeriese skrywer Chika Unigwe gehoor, maar nog nooit voorheen iets van haar gelees nie. Toe kry ek onlangs haar jongste roman, The Middle Daughter, onder oë. Wat ’n heerlike leeservaring! Tragikomies. Ontluisterend. Hoopvol. Herkenbare scenario’s van uiterstes wat my Afrika-hart gelyktydig verontrus én verkwik het.

Deur middel van haar boeke gee Unigwe, wat lank in België gewoon het, ’n stem aan immigrantvroue uit Afrika, vroue wat andersins nie gehoor sou word nie. Haar eerste roman, The Phoenix (2007), wat oorspronklik in Nederlands as De Feniks uitgegee is, vertel van ’n jong Nigeriese vrou se stryd om aan te pas by ’n afsydige Vlaamse gemeenskap met wie sy net oppervlakkige interaksie het. Haar tweede roman, On Black Sisters’ Street (2019), wat ook eers in Nederlands gepubliseer is, gaan oor swart sekswerkers wat hulle brood in Antwerpen se rooiligdistrik onder die ysterhand van ’n sadistiese pimp moet verdien.

In The Middle Daughter keer hierdie korrupte, wrede karakter terug. Dié keer in die vorm van ’n lekeprediker, Ephraim. Sogenaamde Godsman. ’n Pimp vir Jesus. Wolf in skaapsklere. Die vergestalting van die kleinsielige, eiegeregtige Christen wat dink hy het die reg om ander te veroordeel; sodat die leser saam met die hoofkarakter, Nani, wens dat hy gestraf word deur “[...] an eternal cycle of hot diarrhoea that scalded his buttocks [...]”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.