Is dit hemel of is dit hel? Die paradoks van die platteland

WAARHEEN AL DIE DOSE GAAN

Is dit hemel of is dit hel? Die paradoks van die platteland

Ná twee dekades van Fokofpolisiekar onthou FRED DE VRIES die opwinding toe hy hulle die eerste keer gesien het en luister na ’n herdenkingsuitgawe van hulle grootste revolusionêre song.

EK is nie seker of ek hierdie storie met die Kaapstadse rockers Fokofpolisiekar of die Amerikaanse countryster Jason Aldean moet afskop nie. Kom ons begin met Aldean en kyk of dit werk.

In Mei het dié sanger, wat in Macon, Georgia, gebore is, ’n liedjie genaamd “Try That in a Small Town” uitgereik. Aanvanklik het dit skaars ’n rimpeling op die country-trefferlyste gemaak. Maar toe, in Julie, het Aldean ’n video by die liedjie gevoeg. En toe het dit skielik ontplof – en nie net in die gewone country-mark nie. Trouens, dit was nommer 1 op die Billboard Hot 100, wat hoogs ongewoon is vir ’n country-liedjie in ’n wêreld waar hiphop en Taylor Swift die toon aangee.

Die video is nogal iets om te aanskou, en redelik makaber. Waar mense voorheen nie eintlik ag geslaan het op die uitgesproke lirieke, oor hoe fantasties en wonderlik die lewe is in ’n klein dorpie waar mense nie kak vat van wokes, lefties en liberals nie, was dit skielik heel kontroversieel. Frases soos “Cuss out a cop, spit in his face / Stomp on the flag and light it up / yes, ya think you’re tough” gaan gepaard met foto’s van geweld, waarvan sommige tydens die Black Lives Matter-betogings geneem is ná die moord op George Floyd...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.