Van die Ottomaanse Ryk tot die Bo-Kaap

VERSKUILDE VERHALE ONTHUL

Van die Ottomaanse Ryk tot die Bo-Kaap

ISMAIL LAGARDIEN stap op ’n fassinerende pad wat die invloed en teenwoordigheid van Türkiyers in die Maleise en Moslemgemeenskap in Suid-Afrika van die 18de eeu blootlê.

DIT verstom my altyd hoe baie stories in hierdie noodlottige land van ons begrawe, verdoesel of bloot geïgnoreer word.

Ek is reeds dekades lank verwyder van etnisiteit, geloof en godsdienstige gebruike en kyk nou vanuit die veiligheid van my sleutelbord en deur die lense van my kameras na die oorsprong en erfenis van my familie en “my gemeenskap”. Ek weet net oppervlakkig dat die Kaapse Vlakte geneties een van die mees diverse plekke ter wêreld is.

Vir wat dit werd is: Ek het baie jare gelede ’n artikel oor ’n Nasionale Party-meneer gelees, dit kon dalk J.G. Strijdom gewees het, met ’n siekte of kwaal, dalk ’n genetiese merker, wat daarop gedui het dat die meneer familiebande met een van die Indonesiese eilande gehad het waar die betrokke siekte die eerste keer geïdentifiseer is. Daardie laaste ding lê in ’n dowwe herinnering; soos die Russe sê: Doveryai, no proveryai – vertrou dat ek eerlik is, maar verifieer om seker te maak ek is nie verkeerd nie. Ek kan dalk wees...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.