‘Waarom sou dit dié keer anders wees?’

KRISIS OP KRISIS

‘Waarom sou dit dié keer anders wees?’

BASSEM YOUSSEF vat vir PIERS MORGAN aan in dié insiggewende maar wrang YouTube-gesprek oor Israel en Palestina.

  • 20 Oktober 2023
  • Vrye Denker
  • 1 min om te lees
  • artikel 5 van 30

Bassem Raafat Mohamed Youssef is al die Jon Stewart van die Midde-Ooste genoem, en The Daily Show was inderdaad een van die dinge wat dié Egiptenaar laat besluit het om sy loopbaan as kardiotorakale chirurg te laat vaar en 'n voltydse satirikus en aanbieder te word. Hy is in 2013 ingesluit in Time se lys van die wêreld se 100 mees invloedryke mense.

Piers Stefan Pughe-Morgan, gebore as Piers Stefan O'Meara, het al almal van Meghan Markle tot by Oprah tot by die Britse media-owerhede die harnas in gejaag. Rupert Murdoch het hom in 1994 op 29-jarige ouderdom as redakteur van News of the World aangestel, die jongste in dié pos by 'n Britse nasionale publikasie in meer as 50 jaar. Later was hy redakteur van die Daily Mirror toe dié publikasie betrap is dat hulle onwettig meegeluister het aan telefoongesprekke van onder meer Britse koninklikes. Hy is deesdae die aanbieder van Piers Morgan Uncensored, waarop die gesprek met Youssef uitgesaai is.

Youssef, wat familie in Gaza het, en Morgan praat oor dinge soos die prys wat die Arabiese wêreld betaal vir Westerse skuldgevoelens oor die Holocaust, die Republikeinse presidentskandidaat Nikky Haley en ander se tipering van die Palestynse kwessie as 'n “stryd tussen goed en kwaad", waarom die Midde-Ooste nie “'n Nelson Mandela" kan oplewer om vrede te help maak nie, waarom Israel toeslaan op teikens in die Wesoewer terwyl Hamas nie daar teenwoordig is nie, en wat 'n “proporsioneel gepaste reaksie" op die aanval van 7 Oktober sou wees. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.