Is Taylor Swift die nuwe Jesus?

TAYKALIPS

Is Taylor Swift die nuwe Jesus?

In die wêreld van Taylor Swift word meisies en jong vroue gesien en gehoor. Maar hoeveel helderder kan haar ster nog skyn ná die enorme sukses van haar Eras Tour, die konsertfilm, en twee nuwe albums, vra FRED DE VRIES.

KOM ons praat oor Taylor Swift. Kan haar ster nóg helderder skyn? Daar is die immer uitverkoopte Eras Tour; die loketsukses van die konsertfliek Taylor Swift: The Eras Tour; haar twee nuwe albums, Speak Now (Taylor's Version) en 1989 (Taylor's Version); en boonop is sy saam met 'n nuwe beau, die rugbyspeler Travis Kelce, gesien.

In 'n wêreld waar vrees en onsekerheid die belangrikste maatstawwe geword het, bied Taylor afleiding en 'n gevoel dat jy deel is van iets. Selfs 'n ernstige koerant soos The New York Times berig minstens een keer per week oor die jongste Swift-storm. Die stories het sappige opskrifte soos “Travis, don't fumble Taylor" and “My delirious trip to the heart of Swiftdom".

Die opskrif van een van die interessantste NYT-artikels was “Taylor Swift has rocked my psychiatric practice (https://www.nytimes.com/2023/06/17/opinion/taylor-swift-mental-health.html?searchResultPosition=1)". Dit is geskryf deur Suzanne Garfinkle-Crowell, wat vertel hoe haar kliënte – tieners en jong vroue – toenemend op Taylor staatmaak as 'n wyse ouer suster wat hulle deur die gruwels van grootword lei: die onstabiele vriendskappe, die 24-uur-vuurpeloton van die internet, en die eindelose behoefte om gesien en gewaardeer te voel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.