Oos-Londen se oorspronklike werkersklasbuurt

REIS SAAM

Oos-Londen se oorspronklike werkersklasbuurt

ANNELIESE BURGESS neem jou op ’n blitsbesoek aan Oos-Londen se Wesbank.

WESBANK is, soos die naam aandui, aan die westekant van die Buffelsrivier geleë en kyk uit oor die ou hawe. Die stad Oos-Londen is in 1835 hier gestig toe die Britte ’n landingsplek gesoek het vir ’n voorraadskip om ammunisie en proviand aan hulle troepe in die Sesde Grensoorlog te voorsien.

Port Rex was net kortstondig ’n militêre handelspos, want die Britte het kort daarna van die Koningin Adelaide-provinsie afstand gedoen. Maar in 1847 het hulle ’n gebied om die mond van die Buffelsrivier geannekseer wat ook as hawestad kon dien en dit die Port of East London genoem.

Vandag is die wesoewer bekend vir die groot Mercedes Benz-fabrieke wat daar gebou is. Dit bly die stad se oorspronklike werkersklaswoonbuurt...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.