Rosa Kruger: Ou wingerde maak die lekkerste wyn

SUID-AFRIKANER MAAK NAAM IN WYNWÊRELD

Rosa Kruger: Ou wingerde maak die lekkerste wyn

Rosa Kruger is die eerste (en enigste) Suid-Afrikaner in Decanter se Hall of Fame. Haar passie vir ou wingerde en die wyn wat uit daardie druiwe gemaak word, het die wêreld laat regop sit en 'n internasionale beweging aan die brand geskop. ANNELIESE BURGESS gesels met haar oor haar reis van joernalis tot een van die wêreld se voorste wynboukundiges.

ONS drink Engelse ontbyttee uit wit porseleinkoppies op die stoep van die Royal Hotel op Riebeek-Kasteel. 

Rosa Kruger het 'n lang pad (met 'n paar skerp draaie) geloop sedert haar jong jare as joernalis by Beeld tot verlede jaar se ereplek in Decanter se Hall of Fame – een van die belangrikste en mees gesogte toekennings in die internasionale wynwêreld. Sy is die eerste en enigste Suid-Afrikaner wie se naam nou daar tussen die wêreld se voorste wynsterre pryk.

Rosa is nie 'n wynmaker nie. Sy is wel een van wêreld se voorste wingerdboukundiges (en heel waarskynlik die enigste een met vier universiteitsgrade wat nie een iets met wyn te doen het nie). Sy verkies egter die posbeskrywing “wingerdbestuurder” en sy maak seker 'n mens weet sy werk as deel van 'n wonderlike span van mense...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.