Die duiwel vs. die engel in my rugbyhart

WÊRELDBEKER

Die duiwel vs. die engel in my rugbyhart

Die punt aan wêreldbekertoernooie in enige sport is om dit te sien groei. Maar nie eens gereelde mededinging kan vye uit perdedrolle optower nie, soos die Italianers se onlangse 96-17-loesing deur die All Blacks wys. LOUIS DE VILLIERS meen in hierdie naweek se Wêreldbeker-wedstryde is dit net Sondagmiddag vroeg wat in die weegskaal hang wanneer die Poemas en die Dapper Bloeisels hul teleurstellend tanende kragte meet. Maar hy het min twyfel dat daar g’n verrassings gaan wees nie.

IN 1991, net ná Namibiese onafhanklikheid, maak die Biltongboere jou wragtig skoonskip in ’n toetsreeks teen ’n Vyfnasies-span.

Dit was waarskynlik die beste span wat dié land ooit sal hê; ’n klomp tawwe Curriebeker-veterane van wie maklik vyf g’n Springbok-span destyds in die steek sou laat nie. Maar as u nou dink ek skryf om heel voorspelbaar te kla oor die afdraand wat Namibiese rugby sedertdien geloop het, dink u verkeerd.

Namibië, my ma se land, is gans te groot met gans te min mense om ooit beter in rugby te vaar, maar totdat Kenia of Marokko of Côte d’Ivoire eendag hul storie agtermekaar kry, is dit hul lot om Afrika in die Wêreldbekertoernooi te verteenwoordig. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.