Stap 1: Maak die jeug lús om in 2024 te gaan stem

BEGIN BY DIE GEMEENSKAPPE

Stap 1: Maak die jeug lús om in 2024 te gaan stem

Waar begin ons om institusionele verval en politieke onbetrokkenheid om te draai? PIET CROUCAMP gesels met Mbali Ntuli op soek na antwoorde.

DIS 'n morbiede besef dat die ANC die 2024-verkiesing met 'n absolute eerder as net 'n relatiewe meerderheid gaan wen. Kan Suid-Afrika werklik nog vyf jaar van 'n ongewerwelde president en 'n kabinet met ministers soos Bheki Cele, Lindiwe Zulu, Mondli Gungubele, Thandi Modise, Mmamoloko Kubayi, Gwede Mantashe, Noxolo Kiviet, Sihle Zikalala en Sindisiwe Chikunga bekostig? Kan Suid-Afrika die staatskaping, korrupsie, kaderontplooiing en magsvergrype van die ANC oorleef?

Die groter werklikheid is egter dat opposisiepartye eenvoudig nie genoegsame vertroue inboesem by die burgery om die bevrydingsparty te ontwortel nie. Sprake van 'n kohort van menings wat in 'n losse filosofie van weerwil verpak is, wil ook nie vlamvat nie. In 'n onlangse Victory Research-meningsopname onder 2 434 geregistreerde kiesers in KwaZulu-Natal het Rise Mzansi en One South Africa niks, zilch, zero stemme getrek. Indien niks verander nie, gaan ons teen die einde van 2024 weer eens tot die slotsom gekom het dat Suid-Afrikaners politieke partye of enige ander politieke konfigurasie nie meer met hulle stem vertrou nie, en eerder op stemdag sal wegbly.

Ek het die afgelope maande my hoop op Rise Mzansi geplaas, maar soos Victory Research sien ek steeds niks wat Suid-Afrikaners met politieke entoesiasme sal vervul nie. Dit wil voorkom of daar in 2024 soveel as 300 politieke partye betrokke kan wees in die nasionale en provinsiale verkiesings. Maar het ons méér politieke partye nodig? In 2021 het meer mense op stemdag hulle met die morbiede werklikheid van oorlewing in 'n verarmde ekonomie besig gehou as om te gaan stem...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.