Dit wóél om 2024 ons nuwe 1994 te maak

'N NUWE BEGIN

Dit wóél om 2024 ons nuwe 1994 te maak

Die ANC gaan dalk in volgende jaar se algemene verkiesing net-net meer as 50% van die stem kry, maar sy kanse om KwaZulu-Natal en Gauteng te behou, is baie skraal, en in die Wes-Kaap is die DA stewig in die saal. Met die drie sleutelprovinsies in die hande van die opposisie gaan die politieke dinamika in die land fundamenteel verander – 'n proses wat eintlik al klaar met vele nuwe inisiatiewe momentum begin kry, meen MAX DU PREEZ.

DIE slagkreet op Songezo Zibi van Rise Mzansi se T-hemp is die storie van die komende verkiesing: 2024 is ons 1994.

Dit wil sê: Dit is tyd vir 'n Nuwe Begin.

Objektief gesproke verdien die ANC om die steun van die meeste kiesers te verloor. Dit is nie 'n politieke stelling dat ons deur korrupsie, wanbestuur en die ineenstorting van infrastruktuur verswelg word nie; dit is 'n empiriese feit. Sowat vier uit 10 burgers wat kan werk, kry nie werk nie. Daar is vandag meer hongeres en wangevoedes as in 1994, sê die amptelike statistieke. Die metro’s val uitmekaar – net nie Kaapstad nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.