Is die Handves-ouens beter af sonder die DA?

JOHANNESBURG IS DIE SLEUTEL TOT GAUTENG

Is die Handves-ouens beter af sonder die DA?

Leon Schreiber en Kie. se manier van doen plaas onhoudbare druk op die koalisie-ooreenkoms wat in Kempton Park beding is, skryf PIET CROUCAMP.

DEVON STEENKAMP, die DA se koukuswoordvoerder, het Dinsdag ’n skrywe uitgestuur om dr. Mpho Phalatse, voormalige burgemeester van Johannesburg, se uittrede uit die plaaslike politiek aan te kondig. Daarin is haar lof as persoon besing, maar dit maak geen melding van haar rol binne die DA of van haar bydrae as die uitvoerende burgemeester van Johannesburg nie.

Die brief, onder die opskrif “Resignation of Dr. Mpho Phalatse”, wy twee paragrawe aan haar bedanking, maar stel dan in die laaste drie paragrawe 'n oënskynlik onverwante politieke probleem aan die orde, naamlik die omstrede kwessie van die ontbinding van die metroraad.

Dis nie duidelik hoekom Steenkamp nie die twee kwessies uit respek vir Phalatse in afsonderlike mediaverklarings hanteer het nie, maar in die proses het hy twee sake met mekaar verbind wat die DA se federale raad in Kaapstad juis wou skei...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.