Athol Trollip: ‘genoeg gehad’ versus ‘genoeg gedoen’

VERANDER SUID-AFRIKA

Athol Trollip: ‘genoeg gehad’ versus ‘genoeg gedoen’

ANNELIESE BURGESS praat met ActionSA se voorsitter in die Oos-Kaap oor die trauma om die DA te verlaat, sy verbasing oor wat sy nuwe party in die provinsie bereik, die plan om die ANC uit die regering te kry en hoekom hy homself nie as 'n beroepspolitikus sien nie.

ROLAND Athol Price Trollip is 'n Oos-Kapenaar in murg en been. Van ons eerste gesprek op WhatsApp voel ek 'n affiniteit wat kom uit ons gedeelde wortels hier in dié provinsie waar ons albei grootgeword het en steeds woon. Miskien is dit omdat hy homself steeds as 'n boer beskou, al is hy reeds twee dekades lank in die politiek. Miskien is dit sy onmiddellike “ja, absoluut"-antwoord toe ek hom vra om 'n onderhoud. Of dalk is dit die gemaklike heen en weer tussen Engels en Afrikaans (sommer in dieselfde sin) – iets wat vir my so uniek is aan die mense van die Oos-Kaap.

Ek onthou die dag goed toe Trollip uit die DA bedank het. Teen daardie tyd het Mmusi Maimane en Herman Mashaba reeds hulle koffertjies gepak. En as hulle bedanking 'n aardbewing vir die party was, was Trollip se vertrek 'n seismiese verskuiwing. Want die man het die DA dekades lank op die hoogste vlak gedien. Toe hy sy bedanking aankondig, was hy die partyvoorsitter. Hy was ook die burgemeester van Nelson Mandelabaai. En die leier van die opposisie in die parlement. 

Traumaties..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.