Is dié senuwee die sleutel tot chroniese pyn, depressie,...

NUWE TERREIN IN DIE MEDIESE WÊRELD

Is dié senuwee die sleutel tot chroniese pyn, depressie, alkoholisme en alzheimers?

Op ’n disseksietafel sou die vagussenuwee soos ’n vet lintwurm lyk. Hierdie kraniale senuwee wat die brein en die liggaam met mekaar verbind, wek op die oomblik groot opspraak in die wetenskap, sê ANNELIESE BURGESS. Daar is al hoe meer navorsing wat toon dat die stimulering van die sensoriese snelweg die sleutel tot die behandeling van baie siektes en toestande kan wees. En dit het alles begin met ’n neuroloog wat nie daarmee kon vrede maak dat hy ’n jong pasiënt weens sepsis verloor het nie.

VIR 'n lang tyd is in die wêreld van konvensionele medisyne geglo dat daar nie 'n verband tussen die senuwee- en immuunstelsels is nie. Dit het in die laat 1990's verander danksy Kevin Tracey, 'n professor in molekulêre medisyne en neurochirurgie aan die Feinstein-instituut vir mediese navorsing in Manhasset in New York.

In hierdie TED Talk (https://www.youtube.com/watch?v=AJH9KsMKi5M) vertel hy hoe dit alles begin het met 'n dogtertjie genaamd Janice, wat hy vir brandwonde behandel het en wat goed herstel het totdat sy skielik sepsis ontwikkel en gesterf het.

“Ek het besef dat die wetenskap nie 'n begrip gehad het van hoekom septiese skok plaasvind nie en wou dit in die laboratorium van nader  bestudeer. Wat ons in die lang navorsingsproses uitgevind het, het uiteindelik dít wat ons weet oor hoe die liggaam op infeksie reageer, heeltemal verander...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.