Die soort stres wat jou gesondheid kan verbeter

GOEIE STRES

Die soort stres wat jou gesondheid kan verbeter

Al hoe meer navorsing dui daarop dat blootstelling aan kort drukperiodes jou nie net kan help om langdurige stres beter te hanteer nie, maar dat dit sellulêre herstel help aanwakker. Die voordele van sogenaamde hormetiese stres – van onderbroke vas tot kouewaterswem – is nou ’n witwarm gebied in navorsing oor langlewendheid, vertel ANNELIESE BURGESS.

CHRONIESE en langdurige stres wat verband hou met verhoudingsprobleme, finansiële druk, onvolhoubare werksoorlading of te min slaap is gif vir die liggaam. Maar daar is 'n ander tipe stres wat goed is vir jou – hormese is “beheerde, akute stressors wat gesonde aanpassingsreaksies tot gevolg het".

Dit verwys onder meer na hoë-intensiteit-interval-oefening (HIIT; kort sarsies van intense oefening wat afgewissel word met kort periodes van herstel), blootstelling aan hitte of koue, die inperking van kalorie-inname en selfs hipoksie (asemhalingstegnieke wat jou liggaam vir kort periodes van suurstof ontneem).

Die ou gesegde “wat jou nie doodmaak nie, maak jou sterker" is meer in die kol as wat ons gedink het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.