Geestesgesondheid: van koggel tot begrip

NEEM KENNIS

Geestesgesondheid: van koggel tot begrip

Geestesgesondheid word – uiteindelik – al hoe meer in dieselfde asem genoem as fisieke oefening, dieet en persoonlike vervulling. Aan die einde van die 19de en die begin van die 20ste eeu was dit Sigmund Freud en ’n paar geesgenote wat die weg gebaan het vir ’n menslike en wetenskaplike benadering tot die behandeling van geestestoestande, skryf LOUIS AWERBUCK.

GEDURENDE 1985, in ons standerd 9-jaar in die Oos-Vrystaat, was Juliana Combrinck (skuilnaam) vir ongeveer vier maande skielik nie by die skool nie. Aanvanklik het min leerders dit agtergekom, maar ná ’n paar weke het die bespiegelings begin. Haar ouers het nie verhuis nie, sy is nie na ’n ander skool nie, en Ansie Gerber, wat in dieselfde straat as Juliana gewoon het, het hoog en laag gesweer dat Juliana bloot tuis bly. Ansie het sommige aande van agter ’n struik bespied en het volgehou dat sy gereeld beweging kon sien deur die kantgordyne van Juliana se slaapkamer.

Juliana het uiteindelik teruggekeer skool toe, kenmerkend meer bedeesd en inkennig as wat sy voorheen was. Die term geestesgesondheid was aan ons onbekend, maar mens het besef dat Juliana se afwesigheid nie te wyte was aan ’n algemeen bekende fisieke toestand nie. Haar veraf ingesteldheid vandat sy weer saam met ons begin skoolgaan het, het herinner aan karakters uit One Flew over the Cuckoo’s Nest, wat een van die enigste verwysingsbronne op TV vir ons was oor hoe mense met geestesongesteldhede veronderstel is om op te tree. Haar ouers het ná ses maande verhuis en sy het die skool ongemerk verlaat.

Dit was meer as 30 jaar gelede, en Juliana se stilword, ’n paar verwysings op radio of TV en grappies oor mense wat uit die “malhuis” ontsnap het, was die somtotaal van ons groepie jongmense se verstaanwêreld rakende geestesgesondheid. Ons was al amper oud genoeg om die skool te verlaat, en woorde soos depressie en fobie was eenvoudig nie deel van die algemene narratief nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.