Tirade | Wil Cyril eintlik net in die bed lê en ‘7de Laan’ kyk?

DOLOLO. ZILCH.

Tirade | Wil Cyril eintlik net in die bed lê en ‘7de Laan’ kyk?

MAX DU PREEZ vertel van Imtiaz Sooliman se drie selfone en wonder soms of pres. Cyril Ramaphosa nie veel eerder in sy gestreepte pajamas in die bed na 7de Laan of heruitsendings van Friends wil lê en kyk as om die land te bestuur nie. Het die man hoegenaamd geen sin van dringendheid nie?

JA, JA, JA, ek wéét dit is 'n uiters moeilike taak om die president van post-Zuma-Suid-Afrika en boonop leier van die verflenterde ANC te wees. Ek het in die laaste paar jaar meer verskonings vir Cyril Ramaphosa uitgedink as vir enigiemand anders in my hele lewe – die befaamde “long game”, die RET/Zuma-gevaar, die Zoeloe-gevaar, Covid, ensovoorts, ensovoorts.

Maar as jy nie van 'n warm stoof en vuil skottelgoed hou nie, moet jy uit die kombuis padgee, of hoe? Hy is immers 'n biljoenêr; hy hoef nie soos die meeste van sy landgenote te wonder waar sy volgende maaltyd vandaan gaan kom nie.

So 10 maande gelede het Ramaphosa glo probeer bedank nadat die paneel van regter Sandile Ngcobo bevind het dat hy dalk nie heeltemal skoon uit die Phala Phala-skandaal gaan kom nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.