Dié keer ís daar ’n wolf by die deur. ’n Honger een.

IN GROOT SKRIF OP DIE MUUR

Dié keer ís daar ’n wolf by die deur. ’n Honger een.

Die oomblik van waarheid het uiteindelik vir die ANC aangebreek. Rug teen die muur. Die staat se boeke klop nie en groot dele van die land val uitmekaar. Aan die vooraand van die mediumtermyn-begrotingsrede en met hulle moeilikste verkiesing tot nog toe op die horison word die eens trotse bevrydingsbeweging nou met die werklikheid gekonfronteer dat hulle die land en die ekonomie die afgelope twee dekades in die grond in bestuur het. MAX DU PREEZ wonder of die party in staat is om die erns van die krisis te besef en ingrypende skuiwe kan maak.

DAAR is die laaste paar jaar gereeld Wolf! geskreeu, maar dié keer is dit werklik krisistyd vir Suid-Afrika.

Die kumulatiewe effek van jare se verstokte ideologieë, die ontplooiing van onbevoegde politieke kaders, sistemiese korrupsie, staatskaping en ’n laissez faire-benadering teenoor bestuur staan nou in groot skrif op die muur geskryf. In Helvetica Bold, met spreiligte daarop.

Die ANC se veelgeroemde “developmental state” is toe allesbehalwe dit. Daar was meer NDR as NDP: Die ANC word steeds meer gelei deur die sosialistiese struggle-era-droom, die “national democratic revolution”, as deur die ontwikkelingsplan wat al langer as ’n dekade gelede op die tafel gesit is, die “national development plan”...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.