Dit wemel van die remskoene aan die wiele van geregtigheid

SLAKKEPAS

Dit wemel van die remskoene aan die wiele van geregtigheid

Die kandelare hang skeef in Suid-Afrika se paleise van justisie, skryf PIET CROUCAMP, maar tog bly ons regstelsel 'n buffer teen die vergrype van misdadigers en politieke elites.

BLYKBAAR het Aristoteles een mistroostige Griekse herfsdag stip na die teeblare onder in sy mentor en leermeester Plato se teekoppie gestaar en opsommenderwys geprewel: “Op sy beste is die mens die edelste van alle diere; geskei van reg en geregtigheid is hy/sy/hulle die slegste.” Terloops, Plato se regte naam was Aristokles, Plato was net sy bynaam.

As jy na Suid-Afrika se misdaadstatistieke kyk, moet jy Aristoteles toegee: Ons lyk nie goed nie. Ons wis mekaar uit teen 'n tempo wat die meeste paramilitêre oorloë na kleinburgerlike onmin laat lyk. En daar is 'n algemene konsensus dat geslagsgeweld Suid-Afrikaanse vroue teister op 'n skaal wat die wreedste internasionale norme uitdaag.

Tog kom politieke ontleders dikwels tot die slotsom dat Suid-Afrika se regbank 'n gevestigde buffer tussen ons Grondwet en die vergrype van misdadigers en politieke elites verteenwoordig. Ek loop die risiko dat Charl Adams my weer van negatiwiteit beskuldig, en dit is uiters belangrik dat ontleders nie die slegste gevallestudies “cherry pick" ter stawing van hulle argumente nie, maar wat ons regbank betref, is die werklikheid waarskynlik veel meer gekwalifiseerd as wat baie politieke ontleders sou wou glo. Die uitdrukking “langsame geregtigheid is geen geregtigheid" is 'n ontnugterende cliché vir baie Suid-Afrikaners wat soms 'n ewigheid moet wag op die regbank om hulle grondwetlike verantwoordelikhede tot finaliteit te bring...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.