Waarom ek ’n paar rand op die Bokke gewed het

GEWAAGD

Waarom ek ’n paar rand op die Bokke gewed het

Hierdie naweek ontmoet Suid-Afrika vir Ierland in die grootste kragmeting in die liga-afdeling. Maar, sê LOUIS DE VILLIERS, die uitslag sal aanvanklik weinig verander aan die Springbokke se lot gegewe wat in die kwarteindronde wag.

LANG jare gelede het ek twee of drie maal met Rassie Erasmus oor rugby gestry en naderhand met redelike gelatenheid aanvaar dat hy veel meer weet en dink oor die onderwerp as die uwe.

So as ek die dag hoor sy medebrein en hooftrawant, Jacques Nienaber, het sewe voorspelers vir die Springbok-reserwebank vir ’n yslike groot rugbytoets teen Ierland aangewys, berus ek my daarin dat die twee van hulle veel langer oor die situasie gemymer het en veel beter rekenaarprogramme ingespan het om hulle te help.

Almal het natuurlik deesdae slim rugbyrekenaarprogramme, maar min tot g’n mense weet só goed wat om die dêm ding te vra as die einste Nienaber en Erasmus...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.