Wêreldbeker: my wensdenkery vs. jou bogstorie

SPORT

Wêreldbeker: my wensdenkery vs. jou bogstorie

Hy haat sportvoorspellings, maar die Bokke gaan die Skotte opdônner en die emosioneel oorweldigde Franse in die Wêreldbeker-eindstryd oorrompel, voorspel LOUIS DE VILLIERS. Die oud-Springbokafrigter NICK MALLETT gee ook sy ontleding en voorspelling.

SOVEEL dinge om sportgewys oor te mymer vandeesweek … die Amerikaanse Ope-tennis, die wêreld se voorste fietsers in La Vuelta a España … maar ek lieg natuurlik.

As jy Afrikaans praat, is daar waarskynlik vir die volgende sewe weke net een speletjie wat regtig saak maak en hy heet rugby. Dis Wêreldbekertyd. En die Bokke is warm. As dit goor op kantoor is, sal hierdie 'n bietjie help:

Ek haat voorspellings. Voorskoue is die laagste vorm van sportskrywe, het my baas Johann Holzapfel my destyds tereg geleer. As dié ene dit en daai ene dat, dan kan A of B gebeur, maar as dáái ene dit en dié ene dat, is dit nou weer 'n ander geneuk; C of D kan selfs ter sprake kom...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.