SA se mening tel nie meer nie, want ons kan nie vertrou word nie

OP DIE RAND VAN RELEVANSIE

SA se mening tel nie meer nie, want ons kan nie vertrou word nie

Suid-Afrika is besig om al hoe verder na die periferie van relevansie in die internasionale politieke ekonomie te beweeg. Die wêreld kan ons nie vertrou nie: nie polities nie en toenemend ook nie wat die vereistes vir finansiële verantwoordbaarheid betref nie, skryf PIET CROUCAMP.

KORT ná die Russiese inval in Oekraïne praat ek by die Istanboel-universiteit in Türkiye met akademici in hulle departement van internasionale verhoudings. 'n Subspesie akademici van byna elke vasteland is teenwoordig en die Russiese professor het duidelik 'n interessanter greep op wêreldpolitiek as sy kollegas. Daar is altyd ruimte in 'n akademiese gesprek vir skoorsoek en ek merk terloops op dat indien kernwapens buite rekening gelaat word, dit Amerika min of meer drie maande sal neem om die Russiese weermag na Siberië te verban.

Dit was nog voordat ek en die wêreld bewus geword het van die argaïese beheer en bevelstrukture van Vladimir Putin se weermag. Die Rus merk droog op: “Yes, but will America be able to deal with the universal fear and hatred after that?” Sy argument was dat indien 'n land nie as 'n politieke en militêre mag vertrou word nie, alle ander internasionale verhoudings – handelsverhoudings en diplomatieke betrekkinge inkluis – terminaal verwond word.

Hy is reg, en die beste voorbeeld daarvan is Amerika en Brittanje wat vandag nog sukkel met die stigma van George Bush en Tony Blair se ongegronde motiverings vir die verwydering van die despoot Saddam Hussein. Die byna historiese wantroue jeens Amerikaanse intelligensie en die Withuis laat 'n rou letsel op hulle verhoudings met die meeste lande in die wêreld...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.