ANC moet kies: ’n gesonde staatskas, of ’n sege in 2024-verkiesing

NET EEN VAN DIE TWEE:

ANC moet kies: ’n gesonde staatskas, of ’n sege in 2024-verkiesing

Die spanning tussen Enoch Godongwana en die res van Cyril Ramaphosa se kabinet sal toeneem namate die ANC desperaat soek na maniere om aan bewind te bly, skryf PIET CROUCAMP.

NÁ afloop van die laaste kabinetsvergadering was die gemoed van die minister van finansies, Enoch Godongwana, vervul met 'n ongemaklike gelatenheid. Sy kollegas in die uitvoerende gesag wou nie sy verstaan van Suid-Afrika se balansstaat uitluister nie. Die laaste paar dae probeer Godongwana sowel as die president hulle verskille as van mindere belang afmaak, maar daar kan min twyfel wees dat hul uiteenlopende menings oor Suid-Afrika se fiskale beleid mededingende regimes verteenwoordig, en dít veroorsaak groot spanning in die kabinetsvergaderings.

Die mediumtermyn-begroting wat oor net meer as 'n maand gelees word – toevallig in die week van die Agoa-beraad in Suid-Afrika – gaan die streep in die grond wees tussen Cyril Ramaphosa en Godongwana, maar ook tussen die tesourie en die kabinet. Dat hierdie geskil in die uitvoerende gesag nou na 'n komitee van amptenare verwys is, bevestig nie net die werklikheid van die geskil nie, maar is duidelik 'n poging van die ministers om die tesourie se verantwoordelikhede te delegeer.

Sedert sy aanstelling in Augustus 2021 maak Godongwana dit baie duidelik dat die staat en die regering se besteding onbekostigbaar is. Sy pogings om streng fiskale beheer toe te pas kon egter nie op 'n polities meer ongemaklike tyd vir die ANC gekom het nie. Die regerende party beplan om 2024 se verkiesing te veg deur soveel moontlik maatskaplike projekte van stapel te stuur, maar met korporatiewe belasting onder druk en kommoditeitspryse wat afwaarts neig  – en 'n ekonomie wat verseg om vlam te vat – het Godongwana en die tesourie byna geen beweegruimte nie. Daar is geen manier dat die regering wil of kan besnoei op die twee grootste staatsuitgawes nie – staatsdienssalarisse en maatskaplike toelaes...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.