Die laaste snik: Alle paaie lei na Maitland se begraafplaas

SLAGPLAAS

Die laaste snik: Alle paaie lei na Maitland se begraafplaas

Die Maitland-begraafplaas in Kaapstad is nagenoeg 140 jaar oud en het oor die halfmiljoen grafte. Dit is soos ’n stad vir die ewige slaap. HERMAN LATEGAN het deur dié nekropolis gaan loop en fyn geluister na die stil asem van beendere wat eens vlees en bloed was.

OP Voortrekkerweg vanaf Soutrivier na Maitland is die pad besaai met ’n ratatouille van voorstedelike winkels met vuil vensters en snuisterye. Groot lorries blaas swart rook uit en maak geraas en taxi’s jaag verby jou asof daar ’n wegholbrand agter hulle nader kruip.

Jy sien Johnny Clifton Motor Spares (op sy dag ’n held in die Hell Drivers-gemeenskap, ’n jaagduiwel van formaat). Daar is baie duikkloppers, skrootwerwe en op die besige sypaadjies braai mense boerewors en steaks.

Buite Koeberg Fisheries Take Away staan vroue en blou dampe rook en ander het pakkies slaptjips. Deur die oop venster ruik jy sout en asyn...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.