Die prins van ballet

ONDERHOUD

Die prins van ballet

Ver van die praal van die verhoog het HERMAN LATEGAN die balletdanser Eduard Greyling in ’n donker agterstraatkroeg in Groenpunt ontmoet om agter die spin van die pirouette te kom.

DIE kroeg ruik na bier en jare se drink en rinkink. Ek sit en wag vir een van ons land se manjifiekste balletdansers in die raserige Vasco da Gama Taverna.

Oor naweke is dit meestal ’n macho sportkroeg. Mans met butch testosteroongevulde stemme skreeu so hard vir hulle rugbyspanne dat die vloere rammel.

Die lang hare van ’n man by die tafel langsaan is geel gerook. Dit is ’n boskaas wat soos ’n ou, dorre rankplant lyk; enige oomblik gaan ’n mossie daaruit vlieg...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.