×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
As ’n stuk hout se asemteug die volheid van lewe daarin blaas

OP DIE VERHOOG

As ’n stuk hout se asemteug die volheid van lewe daarin blaas

Life & Times of Michael K speel net vir ’n beperkte seisoen in Kaapstad voor dit oorsee geneem word. Moet dit nie misloop nie, sê MELVYN MINNAAR.

DIE kollig val net reg. Michael se oë blink skielik. Te midde van die aanslae vonkel sy optimisme. Dis een van daardie oomblikke wat die aangrypende dinamiek van lewende teater vasvang.

Vreemd, want Michael is ’n pop. ’n Pop wat lewe kry in die wêreldpremière van Life & Times of Michael K wat op J.M. Coetzee se gelyknamige roman gegrond is. Hy het in 1983 die Booker-prys hiervoor ontvang.

Die grootste kompliment – en daar is vele – vir die opvoering is die fyn en deurdagte manier waarop die idiomatiek van Coetzee vasgevat en uitgebeeld word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.